FONTEINPOORT.

FONTEINPOORT. Op die suidoostelike heuwel en suidspitse van die Jebusitiese Jerusalem* of ou Dawidstad was daar ’n stadspoort bekend as die Fonteinpoort (Neh 3:15; 12:37). Uit die suide het die poort met trappe toegang tot die Dawidstad verleen. Dit was naby Hiskia* se tonnel en die Siloah(m)-waterbron geleë. Dis ook bekend as die Bronnepoort. In Nehemia* se tyd (5de eeu vC) is die poort herbou.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar