EN-DOR

EN-DOR was ’n stad in Manasse* (Jos 17:11), naby Nain. Die naam beteken “fontein van Dor”. Die heks vir wie Saul* gaan spreek het, het in En-Dor gewoon (1 Sam 28:1-25). Die heks het voorgegee dat sy met die geeste van dooies kon kommunikeer. Die heks was baie verbaas toe Samuel* aan haar verskyn het. Dit was egter God wat op hierdie manier ingegryp het om vir Saul ’n laaste waarskuwing te gee.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar