ELJAKIM

ELJAKIM beteken “God sal tot stand bring”. Eljakim was die seun van Gilkija tydens die koningskap van Hiskia*. Hy was een van drie offisiere wat Hiskia in die veertiende jaar van sy heerskappy vooruitge­stuur het om die Assiriese* weermag van San­herib* te ontmoet. Eljakim en die ander offisiere moes daarna die boodskap van die Assiriërs aan Hiskia oordra (2 Kon 18:18, 26, 37). (Kyk ook: Jojakim.)

Comments

So empty here ... leave a comment!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Sidebar