EFRAIM

EFRAIM was die jongste van Josef* en Asenat* se twee seuns. Hy is in Egipte* ge­bore (Gen 46:20). Efraim en sy broer Manas­se* is deur Jakob* aangeneem en hy het hulle as sy eie seuns geag. Elkeen het die voorvader van ’n stam van Israel* geword. In die seën van Jakob word dié twee inge­sluit in die naam van Josef (Gen 49:22-26). Volgens die eerste sensus nadat die Israe­liete Egipte verlaat het, was daar omtrent 45 500 van Efraim se mans wat oorlogge­reed was, en by die tweede sensus 32 500 (Num 1:33; 26:37). Efraim word dikwels as parallel vir Israel gebruik (bv Hos 11:3).

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar