DOËG

DOËG was ’n Edomiet* in diens van Saul*. Hy het gesien hoe die priester van Nob*, Agimelek*, vir Dawid* help toe hy van Saul gevlug het (1 Sam 21:7). Hy het dit aan Saul gerapporteer. Toe Saul se amptenare weier om die priesters uit Nob op aanklag van verraad om die lewe te bring, het Doëg dit gedoen (1 Sam 22:18). Doëg word in die opskrif van Ps 52 genoem.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar