CHANGUION, RENÉ RAMON

CHANGUION, RENÉ RAMON (1952–) het in 1973 as motorfietsryer kragdadig tot bekering* gekom, is opgelei as pastoor en het in 1980 die Christian Motorcyclists’ Association gestig wat teen 2015 meer as 80 takke in Suid-Afrika gehad het en in nog 21 ander lande bedrywig is. Hy het 10 Bikers’ Chur­ches gestig. Onder sy leiding is ’n Biker’s Bible met die teks van die Nuwe Testa­ment* en getuienisse van motorfietsryers in verskeie tale gepubliseer.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar