Kollig         

   

CILLIERS, CECILE

CILLIERS, CECILE (1933–2018) het haar doktorale proefskrif in die letterkunde aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit voltooi oor die verhouding tussen kuns­werk en bron. Sy en haar suster, Madeleine van Biljon, het lank die program “Boek­susters” op kykNET aangebied, was stigter van “Vroue vir Vrede” in die jaar van die Soweto-jeugopstand, 1976, en sy was… Lees Meer »

COMBRINK, HANS JACOB BER­NARD

COMBRINK, HANS JACOB BER­NARD (1940–) behaal aan die Universiteit van Pretoria sy BA, BD en BA Honneurs (Grieks*) almal met lof. Hy verwerf sy doktorsgraad in 1969 aan die Vrije Universiteit* van Amsterdam met as proefskriftitel Die diens van Jesus. ’n Eksegetiese beskouing oor Markus 10:45. Hy was eers predikant* van die NG Gemeente Wonderboom… Lees Meer »

PERPETUA VIVIA

PERPETUA VIVIA (?–circa 203) het in die tyd van die wrede Romeinse keiser* Septimus Severus geleef en uiteindelik onder sy hand die martelaardood gesterf. Perpetua, ’n aantreklike vrou van Kartago, het ’n toegewyde ma en twee gelowige broers gehad, maar haar pa was ’n heiden*. Vanweë Perpetua se eie toewyding aan die Christelike geloof* het… Lees Meer »

Sidebar