CALVYN-PROTESTANTSE KERK

CALVYN-PROTESTANTSE KERK, met sy hoofkwartier in Athlone in Kaapstad, het teen die middel van die 20ste eeu tot stand gekom. Dit is een van die kleiner gereformeerde* groeperings in Suid-Afrika. Dit bestaan uit nagenoeg 50 gemeentes en ander standplase. Die kerk, wat ongeveer 20 000 lidmate het, publiseer gereeld ’n tydskrif bekend as Silwerrand. Hulle het ook ’n bedie­ning in Namibië.

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar