BOAS

BOAS kom in die Bybel* in twee verbande voor.

  1. ‑Hy was ’n ryk landeienaar wat tot die twee weduwees, Naomi* en haar Moabitiese* skoondogter Rut*, se redding gekom het. Boas word die werktuig waardeur God vir die vreemdeling en weduwee sorg. So voorsien Boas nie net meer as genoeg kos vir Rut wanneer sy in Boas se veld gaan koringare optel nie, maar hy verseker ook in Rut en Naomi se langtermynsekuriteit wanneer hy as Rut se losser optree. Boas slaan ag op Rut se situasie, hy trou met haar en gee vir haar en Naomi ’n seun. Hierdie seun sou ’n voorvader van Dawid* wees en uiteindelik van Jesus* (Matt 1).
  2. ‑Dit is die naam van een van die pilare voor die tempel*1 van Salomo.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar