ASDOD

ASDOD is een van die vyf groot stede van die Filistyne*, oftewel Pentapolis*, wat in die Ou Testament* genoem word. Die ark*2 van die verbond* is na Asdod geneem en in die tempel van Dagon* geplaas as buit. Dit is egter later teruggestuur na Israel* (1 Sam 5:1-8, 6:17). Die stad word veral genoem in die profesieë teen die nasies (Jer 25:20; Amos 1:8; 3:9; Sef 2:4; Sag 9:6).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar