ARETAS

ARETAS. Vier heersers van Nabatea se naam was Aretas. In die Bybel* word na Aretas IV verwys, wat vanaf 9/8 vC tot 40/41 nC uit Petra geheers het. Een van sy dogters was met Herodes Antipas*4 getroud. Hy het van haar geskei en met Herodias*, sy half-broer se vrou, getrou. Johannes die Doper* se protes hierteen het hom sy lewe gekos. In 36 nC het Aretas Herodes Antipas op die slagveld verslaan. Paulus* vertel dat hy Aretas se etnarg (verteenwoordiger) in Damaskus* ontvlug het in ’n mandjie wat van die stadsmuur neergelaat is (2 Kor 11:32-33).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar