ANTINOMISME

ANTINOMISME is die etiese oortuiging, veral by die eksistensialisme*, dat vir selfverwesenliking ’n mens nie ’n wet* (Grieks: nomos) benodig nie. In die Christendom* het die gnostici (gnostisisme*) hulle teen die wet van Moses* verset. Tydens die Kerkhervorming* leer die Anabaptiste* dat Christus* alles volbring het en ons daarom nie onder die wet staan nie. Luther* het die wet as ’n tugmeester na Christus beskou. Calvyn* (en gereformeerdes*) beklemtoon egter die positiewe funksie van die wet as reël van dankbaarheid. God lei ons deur sy Woord* en Gees*: sonder die Woord word ons antinomisties en sonder die Gees wettisisties (E Brunner*).

Vir verdere lees: JA Heyns 1982. Teologiese Etiek. Pretoria: NGKB.

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar