AKKO

AKKO was ’n groot hawestad aan die Middellandse See se kus. Die stam Aser* kon nie die inwoners daarvan verdryf nie (Rig 1:31). In die Grieks-Romeinse tydperk is die stad herdoop na Ptolemaïs. Dit is hier waar Paulus* vir een dag oorgebly het op pad van Tirus* na Sesarea* tydens sy derde sendingreis (Hand 21:7-8).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar