AGIS

AGIS was die koning van die Filistynse stad, Gat*, by wie Dawid* geskuil het terwyl hy van Saul* gevlug het. Uit vrees dat Agis se amptenare hom sou herken, het Dawid homself waansinnig gehou voor die Filistyne* (1 Sam 21:10-15). In ’n volgende verhaal het Dawid by Agis geskuil en die stad Siklag* van hom ontvang. Van daar af het hy aanvalle geloods teen die Gesureërs, Gesuriete en die Amalekiete* (1 Sam 27:1-12).

 

Kommentaar

Ons wil graag van jou hoor ... gee jou kommentaar

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Sidebar